FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My lewe ( 16 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 16 )   Empty My lewe ( 16 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 25 Oct 2011, 2:37 pm

    Ver-verlate vlaktes
    verlei my
    dit is die kaktus
    in my sy

    tussen kontoere en kurwes
    kluisenaar ek
    skryf ek my eie opus

    is ek hoofspeler
    in my eie Shakespeare’s tale
    wat al meer en meer onttrek .

    Is ek die gemene deler
    in my eie verval
    van weer probeer en weer gefail

    midde in die stryd
    tussen my eie hart
    en my eie brein .

    Die lewe se bokskryt
    is vir my net te klein
    en elke dag ñ teenstander
    net te fenominaal .

    Was ek maar net skrander
    soos in my prille jeug
    ( te lank gelede , te verheug )
    het ek dalk die paal gehaal .


    ( 20/02/2011 11h22 )

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 4:36 am