FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die lewe van kranse

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die lewe van kranse Empty Die lewe van kranse

    Post by Rudi Coetzer Mon 10 Oct 2011, 2:51 pm

    Kranse toring trots
    en geduldig uit
    bo dorre landskap
    gekleur en gevorm
    deur water en wind en weer
    oor miljoene jare heen .

    Hulle muur manjifiek
    skouer teen skouer
    en bars en kraak en breek

    altyd op hulle pos

    sonder om te strike
    en sonder om te kla .

    Kranse kniel
    snags in stille gebed
    dankbaar vir die koele lafenis
    van die donker
    en rus nederig
    in gelid

    terwyl hulle bid
    in die lig
    van sterrestelsels
    om dankie te sê
    vir die skuiling
    wat hulle bied
    aan kreature
    wat klim en skarrel
    en seil en kruip
    en vlieg .

    Kranse vloek nie
    kranse verwyt nie
    en kranse haat nie .

    Kranse gee
    sonder om te vra

    hulle bied
    sonder om terug
    te verwag .

    Kranse het lief
    volkome en vir altyd
    en is gemaklik
    met hulle funksie en doel
    en bevraagteken dit nie .

    Ons kan elkeen leer
    uit die lewe van kranse .

    ( 14/10/2008 09h17 )

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 9:38 am