FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Brandende Vuur

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Brandende Vuur Empty Brandende Vuur

    Post by Joan Lotz Thu 13 Oct 2011, 1:13 am

    Woorde het iets aan die brand gesteek
    wat nouliks geblus kan word
    'n rigting laat loop wat my hart wil breek
    want die lewe is ontsettend kort
    emosies laat ontwaak, wat sluimerend was
    bewus dat ek dit nimmer sal ervaar
    'n brandende vuur, deur wind aangeblaas
    woed die vlamme voort, onbedaard
    hunkering het my wese totaal oorspoel
    ongenadig van my besit geneem
    alleen wees het vir my glad geen doel
    het lewe gans en al van my vervreem
    verloor stryd teen die brandende vuur
    my versugtinge totaal daarmee heen
    verswelg die pyn wat ek so lank verduur
    vries emosies binne my tot korrels ysreën.

    2011/08/26 Joan Lotz

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 8:43 am