FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die Vuur

    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    Die Vuur Empty Die Vuur

    Post by Bigteddybear Sun 23 Oct 2011, 1:57 pm

    Diep ingedagte kyk ek na die dansende vlamme
    Die vlamme wat my siel skoon lek
    Die vlamme se hitte wat my omhels
    So intens dat ek warm en veilig voel
    Elke dansende beweging meemaak
    Dan die kant toe en dan daai kant toe
    Vinniger in ‘n kolk van hitte
    Wat al die eensaamheid en seer wegbrand
    So op die maat van die vuur se knetterende musiek
    So word die vuurtjie al kleiner en kleiner
    Totdat dit net gloeiende hitte oorlaat
    Saam is my siel skoon en rustig gebrand
    So groet ons saam die glimlaggende maan
    Wat ons ongenooid kom geselskap hou het
    Terwyl die sterre oogwinkend na ons kyk
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die Vuur Empty Re: Die Vuur

    Post by AmmieMoon Sun 23 Oct 2011, 5:27 pm

    Moet erken, ek kan ook nooit onaangeraak my rug keer op die vlammetaal van vuur en knetters nie! Pragtig ! Like a Star @ heaven

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 7:51 am