FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    elke dag het genoeg

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    elke dag het genoeg Empty elke dag het genoeg

    Post by Torm Thu 20 Oct 2011, 10:25 pm


    In Amstetten beskut ʼn vrou verskrik elk’ retina
    teen skerp lig
    toe sy na vier en twintig jaar uit die
    gat uit vlug
    sy talm ʼn oomblik, verwonder haarself
    aan stralers se wit strepe hoog teen die gewelf
    haas haar dan struikelend
    deur die stukkende tuinhek straat-af na
    die koue polisiestasie daarna’
    om vir die moord op hul kinders haar pa
    te gaan aankla

    oor more bekommer sy haar nog nie:
    elke dag het genoeg aan sy eie kwaad

    op ʼn veraf-
    geleë plaas in die Vrystaat
    skree die hek
    benoud
    die buurman loop stadig deur na die huis
    sien die dorstige stalperd wil vrek
    die stukkend’ windpomp draai nie
    maar die wind loei deur kaal
    populiere
    en die boerin lê kaal in die voorportaal
    hy kots
    sy’s lankal keel-af

    oor more bekommer hy hom eers later:
    elke dag het genoeg aan sy eie kwaad

    sy verlof, sy repliek
    en sy huis
    lankal deur die kolkwind opgesuig
    ry ʼn gespanne polisieman
    al weer geroep, al weer uit
    êrens
    langs die kronkels van die groot Mississippi gestasioneer;
    stop
    in die modderstraat
    nie om die weggespoelde kind te soek nie –
    hy verwens die omgekrapte klimaat –
    maar om plunderaars te verjaag
    gelok deur verspoelde stukkende
    winkelvensters vol blink plastiek

    oor more bekommer hy hom nog lank nie:
    elke dag het genoeg aan sy eie kwaad
    in ʼn warm huis in ʼn koue stad
    het ʼn ma haar peuters pas gebad
    sy soen en sit hul in die bed
    en prewel ʼn gebed
    want hulle ruik na Johnsons baba-poeier

    © Torm 2011 Opgedra aan almal wat stukkend is.
    avatar
    Guest
    Guest


    elke dag het genoeg Empty Re: elke dag het genoeg

    Post by Guest Thu 20 Oct 2011, 10:47 pm

    Jy vat hard en diep en raak! Jou styl om alledaagse seer en dram tot op die oppervlak te bring en suiwer louter goud daarvan te maak tref my !

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 9:42 pm