as ek smorens wakker word
wil ek jou slaapsag lyfie voel
in jou warm oë kyk
vertel van my nagdrome
en die dag se doel
kort-kort vir jou
smse stuur
vertel van my liefde
wat alreeds ewig duur
en saans as die lig verflou
vir jou stories en gedigte lees
herman charles bosman
stef bos en sangiro
en oral aan jou raak
voor ons teder liefde maak
en weer slaap
wil ek jou slaapsag lyfie voel
in jou warm oë kyk
vertel van my nagdrome
en die dag se doel
kort-kort vir jou
smse stuur
vertel van my liefde
wat alreeds ewig duur
en saans as die lig verflou
vir jou stories en gedigte lees
herman charles bosman
stef bos en sangiro
en oral aan jou raak
voor ons teder liefde maak
en weer slaap