FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    daar’s ʼn Kerkstraat in elke dorpie

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    daar’s ʼn Kerkstraat in elke dorpie Empty daar’s ʼn Kerkstraat in elke dorpie

    Post by Torm Fri 09 Dec 2011, 5:00 pm


    daar was stof
    en ʼn stokou brak
    dis al

    daar was ʼn hotel
    hul verkoop drank
    dis al

    daar was ʼn dans
    en toe baie babas
    dis al

    ons speel naweke rugby
    ons eet vroegoggend pap
    dis al

    daar was herlewing
    toe bid ons soos aartappels
    dis al

    almal wat vet word
    loer vir almal wat maer bly
    dis al

    ʼn velhoed, ʼn kortbroek
    en ʼn lekker ou stoel
    dis al

    mense wat oud word
    sê vir die ander wat’s verkeerd
    dis al

    by ʼn begrafnis
    dra jy swart by die kis
    dis
    al

    toe kom die einde van die wêreld
    die oordeelsdag
    dis al

    © Torm 2010

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 3:55 pm