Jy staan elke aand teen godeskemering
in my see se baba branders.
Elke aand loop jy op die stralepad van die maan
oor my Weskus oseaan.
Elke aand omvou my haaimat se sout seelug
jou ontblote rug.
Elke aand hoor jy die na-nag wind
in die krakeling van gebreekte skulp op my strand
want elke aand praat jy met my.