FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    'n Oggend op die strand

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Oggend op die strand  Empty 'n Oggend op die strand

    Post by AmmieMoon Sun 23 Oct 2011, 4:27 am

    sewe duisend glimmer korreltjies sand
    kleef aan haar voete, haar hals, haar hand

    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    duik in die see se silwer mond

    nege duisend vonkelende sterretjies
    waterdans soos asuurblou pêreltjies
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    tuimel in die oseaan se holtes rond

    een duisend meeue blink gevlerk teen blou
    waar die hemel en die aarde lyf vashou
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    smeer 'n spoorlose strand pimpel en bont

    vier duisend spieëls skyn deur brander-wit
    waar nimfe in wind-dun strandstoele sit
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    speel kaalvoet in getye se gapende wond

    vyf duisend diafaan-vlae soutlug en mis
    kleef taaivinger aan 'n poeierblou nis
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    dolwe in sandkastele se nat-tonnel-grond

    ses duisend skulpies tussen gruis en perlemoen
    om 'n seestroom se skuimbek oopmond te soen
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    gaar edelmetale in die baldadige son

    sewe duisend druppels teen 'n vroue-gelaat
    wat 'n seemansbrief op haar vel agterlaat
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    kou kougom koue aan oggendstond

    drie duisend prentjies in sand geteken
    wat vervorm sodra 'n storm ontketen
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    wat giggel en lag uit omstanders ontlont

    twee duisend skatte sou hierdie dag nie kon koop
    waar 'n oggend sy some in oseaan-dieptes doop
    twee sand engeltjies en 'n wit gevlekte hond
    verkleur eiehandig 'n kuslyn tot bottel blond.


    © 2011 Almarie Truter
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'n Oggend op die strand  Empty Re: 'n Oggend op die strand

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 12:33 am

    dis regtig beautiful.
    en sag.
    en kosbaar,
    en anders as jou normale.
    regtig besonders.
    en een van jou bestes.
    ...digkuns...op sy beste.
    n Oomblik vir altyd.
    Very Happy

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:00 am