FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Rudi Coetzer
Sekelmaantjie
6 posters

    Op die strand

    Sekelmaantjie
    Sekelmaantjie


    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 24

    Op die strand Empty Op die strand

    Post by Sekelmaantjie Tue 04 Oct 2011, 12:52 pm

    Ek hardloop deur waterpoele,
    ek verkluim maar voel dit nie.
    Ek kyk hoe krappies oor rotse
    woel en wiel.

    Ek lief die reuk van die see.
    Ek hardloop oor koue wit sand.

    Ek gesels met vissermanne,
    ek kyk hoe hulle hengel,
    kry snoek as geskenk.

    Ek lag saam met die branders.
    Mens dink ek is mal,
    maar ek gee nie om.
    avatar
    Guest
    Guest


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 1:13 pm

    pragtige stukkie weskus kind oorgedra aan ons dankie blom! flower
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Besoeker Tue 04 Oct 2011, 1:21 pm

    werklik mooi stemmingsvers, Maantjie - sou jo graag hoor lag !
    avatar
    Guest
    Guest


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 1:38 pm

    sy lag soos klokkies uit haar maag
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Rudi Coetzer Tue 04 Oct 2011, 1:43 pm

    jy het vreugde en die lekker van lewe mooi genet. cheers
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 4:30 pm

    Hierdie is die allermooiste "begripsvers". Ek is klein, maar ek is mens. Ek voel, ek ervaar - ek lewe! Pragtige vers Sekelmaantjie, ek is mal hieroor.
    avatar
    Guest
    Guest


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 5:10 pm

    hier kom n maantjie wat moeder maan nog gaan verby vat!! haar begrip vir taal gebruik op haar ouderdom is asemrowend!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by BennyB Wed 05 Oct 2011, 1:47 pm

    Janke jy is en sal seker altyd my hart se punt wees. Jy verstom my elke dag meer as die meisiemens wat my WOW. Ek dink nie jou vrydenkers hart sal ooit enige limiete ken nie! Ek is 'n groot fan!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by AmmieMoon Wed 05 Oct 2011, 1:54 pm

    ...my trane vloei vanoggend sonder keer....oor jou my meisiekind, my kleine ''bietjie maan''...jy met jou lag en lewensvreugde wat die pasaangeër van MY hart is......Jy maak my lewe vol en heg waarde aan my as mamma.....

    Dankie aan elkeen van julle wat my keine mensie hier so 'oplig'....ek staan klein voor haar.... Like a Star @ heaven
    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by ansiebeets Sat 15 Oct 2011, 10:29 pm

    Ek hou so baie van die gedig dit laat my voel om op die strand te gaan rondhol Smile
    avatar
    Guest
    Guest


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Guest Tue 18 Oct 2011, 6:13 pm

    Is waar ne Ans, die heerlike speel tussen die rotse word sommer eg in hierdie stukkie

    Sponsored content


    Op die strand Empty Re: Op die strand

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 8:10 pm