FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'Baie visse in die see' nuwe betekenis

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    'Baie visse in die see' nuwe betekenis Empty 'Baie visse in die see' nuwe betekenis

    Post by Enid Tue 22 Nov 2011, 7:25 pm

    Ek het so gelag, na my droom van gisteraand, dat ek gedink het dit sou nogal vanpas wees om dit met julle tedeel.
    My droom soos volg:

    Terwyl ons by die see gekuier het, op ‘n mooi sonskyn dag, ‘clear skies’ en al,my Ma het ook saam gekuier, het die mense in die see skielik begin uithardloop .

    Ek, nuuskierige agie het natuurlik weer in die see ingehardloop en gelukkig was my kinders al uit en omdat ek ‘naby siende’ is, kort ek natuurlik kontaklense om ver te sien, wat ek nie aangehad het nie.

    Toe ek egter in die water kom, het ek ‘n klomp ‘visse’, let wel visse in aanhalingstekens gesien, want die visse was ‘udge’. Kon nie lekker sien wat se soort visse dit was nie en het nog nader beweeg. Tot my verbasing en ja, die blond is te simpel om te skrik, was die ‘groot visse’ toe eintlik haaie. ‘n Klomp groot haaie, wat gedink het hulle sal maar saam met ons in die vlak water kom baljaar. Met my blondgeit en verbasing gemeng het ek doodstil tussen die haaie gestaan en vries. My Ma was so braaf, dat sy my kom wegstoot het en elke haai met die vuis weg gestoot het.

    Met die droom, wakker geskrik en natuurlik kliphard gelag. Nogal gedink dat die klomp haaie seker nou my klomp visse in die see sou wees en dit het half kwaai geklink. Nogal gedink ek is spesiaal om wrede visse te kon hê en nie gewone vissies nie. Nou die vraag. Hoekom is hulle so kwaai, wat het ek verkeerd gedoen, om die ‘visse’ so wreed te maak? Of sal ons dit in die betekenis van die gesegde omsit?

    Hoekom is die manne vir my so kwaad?

    EEvdMerwe/kopiereg/2011

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 2:31 pm