FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die seëninge van weet die berusting van besef

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die seëninge van weet die berusting van besef Empty Die seëninge van weet die berusting van besef

    Post by Rudi Coetzer Fri 09 Sep 2011, 2:45 am

    My hunkertong
    soek vanaand jou proe
    en as ek moet bieg jong
    ek weet net nie hoe
    ek hierdie nag
    gaan oorleef sonder jou nie .

    My hunkerhart
    soek vannag
    na niks en niemand
    anders as jy nie .

    Die stilte wat my tart
    is net nie vir my nie .

    Vannag is ek gestrand
    in ñ sprokie ver van hier
    naby ñ lighuis op sand
    waar ons voetspore hand-aan-hand
    en ons huppel-hakke ons stuur
    oos na waar die son
    elke dag
    vir altyd
    oor jou en my opkom .


    ( 08/09/2011 00h38 )
    * Vir Feetjievrou en Storieman...
    Baby , ek is mal oor jou !

      Current date/time is Fri 10 May 2024, 7:23 am