FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    die vleg van twee rye spore

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    die vleg van twee rye spore Empty die vleg van twee rye spore

    Post by BennyB Fri 06 Apr 2012, 1:44 pm


    het jy gesien my lief,
    daar waar woorde tippel
    as dag deur 'n rooi oggend breek,
    prentjie mooi as die son ’n meermin soen
    dansend weerkaatsend in koningsblou

    het jy gehoor my lief,
    die onstuimigheid van my hart
    wat branders breek,
    'n pols tot lewe dans,
    het jy die antwoord van my hart gehoor
    'n sonder twyfel antwoord 'ja' ?

    kyk my lief,
    hier waar ek kniebuig
    voor jou hande en jou voete
    waar my oë priem
    in jou sagste vrou,
    hier waar my hart vanaand
    rustig word in jou ewigheid,
    voel jy die diepste stil van my ?

    sier wit groet ’n stil maan
    waar ons nou enkel spore saamvleg
    en liefde aandblom
    in nou en more se elke asemteug saam.

    BennyB
    © 04/05/2012 Barend Booysen


    for Janet Booysen
    Attachments
    die vleg van twee rye spore AttachmentJanet wedding.jpg
    My beautifull bride
    You don't have permission to download attachments.
    (101 Kb) Downloaded 2 times


    Last edited by BennyB on Wed 11 Apr 2012, 9:17 pm; edited 1 time in total
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    die vleg van twee rye spore Empty Re: die vleg van twee rye spore

    Post by Claira Summers Sun 08 Apr 2012, 1:44 am

    Pragtig!! dis al.............
    Janet
    Janet


    Location | Ligging : Centurion, Pretoria
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 36
    Join date | Datum aangesluit : 2012-03-09
    Age | Ouderdom : 54

    die vleg van twee rye spore Empty Re: die vleg van twee rye spore

    Post by Janet Thu 12 Apr 2012, 3:26 pm

    Today. Tomorrow. Together. Yours always. xxx
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    die vleg van twee rye spore Empty Re: die vleg van twee rye spore

    Post by BennyB Tue 24 Apr 2012, 12:38 pm

    Dankie vir die lees Claira Wink
    Thanks Janet, yes today tomorrow forever cheers

    Sponsored content


    die vleg van twee rye spore Empty Re: die vleg van twee rye spore

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 May 2024, 4:38 pm