FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Twee Planete

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Twee Planete Empty Twee Planete

    Post by Manie Jackson Tue 04 Oct 2011, 6:33 pm

    Vir al die geld.
    Sal ons lewens nooit versmelt.
    Wil ek graag vir jou ‘n oop boek wees.
    Sit en droom, jy – iets wat nooit kan wees.

    Wie het jou hart so gebreek?
    Los jou toe in die steek!
    Gebreekte harte soms nooit weer heel,
    Die lewe so ‘n bitter pil!

    Ek wens ek was om af te vee.
    Lank al terug se vergete tree.
    Om by jou elke traan
    Jou hand in myne, by te staan.

    Dat ek kon beskerm, kon ken.
    Daar was om jou hart te wen.
    Elke koue aand jou vas te hou.
    In my hart jou saggies toe te vou!

    Was ons dalk twee planete?
    In spasie en tyd vergete?
    Bane vir ewig by mekaar verby?
    Maak die jare ons dalk vry?

    Ek van jou weg-skerm die Winter wind.
    My geliefde, liefste meisiekind!
    Vergeet die bitter medisyne.
    My gedagtes – vanaand is jy net myne!


    Manie Jackson

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 9:44 pm