In hol gange
wat ruik na hospitaal
na kliniek
wêrelde verwyder
van popcorn
van fliek
waar jou eie voetstappe
jou agtervolg
en netnou se movie scenes
nou realiteit
se draaiboek is
skuil die dood
om weghardloophoeke
in bedpanne en grootmensdoeke
hier waar drips’s drip
sekondes presies aftel
en lyke aan lewe klou
hier waar dokter’s
nurses soms opslip
maar meestal nie
waar geliefdes trane wegsluk
hier waar jy nou
by hom sit
en sy benerige hand vashou
en wens jy het geweet
hoe om te bid
hier waar gister se volmaan
skielik jare gelede is
hier waar jy besef
dit is sy tyd om te gaan
dat hy skielik grys is
en jy nie die oumensvlekke
op sy hande
eers meer kan tel
hier waar hy
met sy laaste bietjie asem
met sy laaste bietjie krag
vir jou vertel
hoe lief hy jou het
hier waar jy nou wonder
waarom jy hom
so afgeskeep het
hier waar netnou
se popcorn
skielik wrang smaak .
( 21/04/2011 23h15 )
wat ruik na hospitaal
na kliniek
wêrelde verwyder
van popcorn
van fliek
waar jou eie voetstappe
jou agtervolg
en netnou se movie scenes
nou realiteit
se draaiboek is
skuil die dood
om weghardloophoeke
in bedpanne en grootmensdoeke
hier waar drips’s drip
sekondes presies aftel
en lyke aan lewe klou
hier waar dokter’s
nurses soms opslip
maar meestal nie
waar geliefdes trane wegsluk
hier waar jy nou
by hom sit
en sy benerige hand vashou
en wens jy het geweet
hoe om te bid
hier waar gister se volmaan
skielik jare gelede is
hier waar jy besef
dit is sy tyd om te gaan
dat hy skielik grys is
en jy nie die oumensvlekke
op sy hande
eers meer kan tel
hier waar hy
met sy laaste bietjie asem
met sy laaste bietjie krag
vir jou vertel
hoe lief hy jou het
hier waar jy nou wonder
waarom jy hom
so afgeskeep het
hier waar netnou
se popcorn
skielik wrang smaak .
( 21/04/2011 23h15 )