FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Verlore soek

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlore soek   Empty Verlore soek

    Post by AmmieMoon Fri 09 Sep 2011, 2:22 pm


    Ek soek jou in die lanings bome
    in die ruising van die wind,
    soek na jou in stofstreep trane
    op die wange van 'n kind,
    soek na jou in donker nagte
    wat struikel in my spoor,
    ek soek na jou verbete
    êrens het ek jou verloor

    Ek soek na jou in skadumure
    uit gebreekte klip gebou,
    soek jou in verdwaalde oë
    wat my herinner aan jou,
    soek na jou in afdraai paaie
    se windverwaaide spoor
    want iewers langs die pad
    het ek jou verloor

    Ek soek jou sonder rigting
    ek soek jou sonder tyd
    soek jou sonder kompas
    ek soek sonder woorde wat wil uit.

    Ek soek jou in die stiltes
    wat eggo in my oor,
    ek soek jou in die uil se eensaam roep
    wat ek in die nanag hoor

    maar ek weet
    ek het jou finaal verloor.

    © 2009 Almarie Truter





    ( 20 Nov. 2009 )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Verlore soek   Empty Re: Verlore soek

    Post by anderkant Fri 09 Sep 2011, 4:06 pm

    Sjoe, weerloos - voor die ingee, toegee, voor die vrede. Voor die nuwe dag. Voor die nuwe nag - waar 'n volmaan hoopvol wag. Pragtig ammie.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlore soek   Empty Re: Verlore soek

    Post by AmmieMoon Fri 09 Sep 2011, 6:18 pm

    thx Rudi... Smile
    avatar
    johanpiek


    Location | Ligging : erens onder 'n ou eike boom
    Posts | Bydraes : 51
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 63

    Verlore soek   Empty Re: Verlore soek

    Post by johanpiek Fri 09 Sep 2011, 6:47 pm

    wow dis pragtig
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlore soek   Empty Re: Verlore soek

    Post by AmmieMoon Fri 09 Sep 2011, 7:13 pm

    dankie Big Blue !...en welkom hier by ons ! Very Happy

    Sponsored content


    Verlore soek   Empty Re: Verlore soek

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 10:48 am