soek ek jou in woorde
my gedagtes vasgenaal
skakerings van kleure
van ons twee saam
waar het ek jou verloor
tussen al die grassoorte
verskillende madeliefie -geure
ek het gaan soek
na jou betekenis van liefde
rondomtalie geslinger van uit-basuin
‘ek het jou lief’
Kaapse wind verwaai
om, om te swaai
sal ek ooit verstaan
wat om my aangaan?
ek soek jou in akkoorde
ek soek jou in rede
ek soek jou in my wese
ek soek jou.
EEvdMerwe