Die dag se lag kom loer om die berg se hoek
en kyk oor die aarde se groen tafel doek :
kan jy sien hoe ek jou soek
Die wind waai sag in my skip se seile
hy vaar oor plat waters vir myle na daar ver :
kan jy sien hoe ek jou soek soos 'n verlore ster
Die wolke dryf stadig verby in die lug so blou
met 'n prentjie op sy gesig daar hoog in die lig :
kan jy sien hoe my gedagtes soek na jou
https://www.facebook.com/photo.php?fbid=269320869808339&set=a.138817352858692.30239.100001912831964&type=1&theater
By Morney C. van Staden 2012
©Tussen woorde/ Between words
Copyright. All Rights Reserved
www.facebook.com/morney.skrywer