FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Blinde kind

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Blinde kind Empty Blinde kind

    Post by Melanie van As Tue 31 Jan 2012, 9:23 pm

    Ek vertel jou
    van blind wees soos ‘n kind
    en dat die maan lê en kyk
    agter name en wolke.

    Ek vertel jou.

    Ek is die reën sonder son en wind
    as jy dors raak vir lewe.

    Jou engele dans lankal
    in die woord
    met wortels wat groei in die hart
    om te bly vir môre.

    Ek vertel jou-
    dat lig donker kort
    en sonder die nag
    onse sterre nie sal skyn nie.

    Ek vertel jou
    van mooi wees dinge in die dag
    wanneer mense weer lag
    en jy soos ‘n wilde dier
    wag en wag
    om te is-
    is mos ewig lank.

    Ek vertel jou
    van blind wees soos ‘n kind
    wat sien en voel as dit stil raak
    en sonder vrae die donker in vlug-
    die lewe in vlieg.

    Jy is kla die droom.
    Die dowe wat luister
    en die antwoord wat fluister
    as nag sak
    agter die heuwels se skree
    wat vra wat gebeur hierna?
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Blinde kind Empty Re: Blinde kind

    Post by Rudi Coetzer Thu 02 Feb 2012, 4:29 pm

    Hou hiervan.
    (kyk net:1ste reel van laaste strofe....>>kla <klaar, wees...digters moet meestal woorde voltooi..... Very Happy )
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Blinde kind Empty Re: Blinde kind

    Post by Torm Fri 03 Feb 2012, 10:08 am

    Ja, baie mooi gedoen. Het gestem.

    Sponsored content


    Blinde kind Empty Re: Blinde kind

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:59 am