15 minute voordat die bus vertrek
kom ʼn gryskop aangeskuifel
met geboë skouers
en ʼn vol gemoed
en oë wat seer wegkyk
met die skramse groet .
Sodra die bus
om die hoek verdwyn
klim ʼn kind in ʼn kar
en ry weg
met ʼn hart vol van spyt .
Vir dae daarna
struggle elkeen met selfverwyt
oor elke sekonde
se verlore tyd .
( 23/11/2008 23h20 )
kom ʼn gryskop aangeskuifel
met geboë skouers
en ʼn vol gemoed
en oë wat seer wegkyk
met die skramse groet .
Sodra die bus
om die hoek verdwyn
klim ʼn kind in ʼn kar
en ry weg
met ʼn hart vol van spyt .
Vir dae daarna
struggle elkeen met selfverwyt
oor elke sekonde
se verlore tyd .
( 23/11/2008 23h20 )