FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My Kind 2 -

    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    My Kind 2 - Empty My Kind 2 -

    Post by ansiebeets Sat 15 Oct 2011, 5:18 am

    My Kind 2 -

    Vandag hier in die Vaal reen,
    onthou ek hoe val jou trane neer,
    hoe staar jou ogies groot en leeg -
    na 'n vuilbek wat op jou skree !

    ONTHOU ek Gisteraand se Kraai lag -
    Jou giggel en jou speel,
    met ogies Skitterblink,
    woorde vol Lof wat op jou reen !

    Ek dank God hoe Hy ons seen,
    'n nuwe pappa wat kielie lag en speel,
    wat diep in jou hartjie kyk -
    wat weet waaroor jy ween -
    wat tyd saam jou spandeer,
    wat troos en bou en sy beloftes hou !

    Ek sien hoe jy uitstyg, hoe jou hartjie heel -
    Jou kop Trots gelig,
    die blydskap en geluk,
    die vreugde wat ons deel !

    Sy prys en steun wat jou laat aanhou -
    Jou harder laat probeer -

    Ek dank God vir Die Pappa -
    wat so baie van jou hou,
    wat krieket balle boul,
    wat liefde in sy hart het,
    vir my en vir JOU !

    *die pappa het nie uitgewerk maar my kind is genees deur sy hand,daarvoor sal ek hom altyd dankbaar wees*

    © Ansie Beets
    ansiebeets *>~ab

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 8:15 pm