FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Avontuur in 'n nuwe land

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Avontuur in 'n nuwe land Empty Avontuur in 'n nuwe land

    Post by Enid Mon 12 Sep 2011, 7:15 pm

    Dis woensdagaand in 'n vreemde stad. Romeo draf koes koes teen die stuwwende reen na skuiling. Hy het pas geland op die laatmiddag internasionale vlug, van Suid Afrika en London is nat en trietserig .... soos gewoonlik. Wat mens ook nie alles vir besigheid sal doen nie, dink hy.

    Juliet sit en wonder opgewonde of Romeo dan sy vlug betyds gehaal het en of sy hom nog vanaand gaan sien. Soos met enige ander Londense somersnag, nat en nie presies soos Suid Afrika se somersnag met helder hemelsterre en bedompig nie, het Juliet die kaggelvuur, wat knetter aan en haar warm snoesige jas. Sy is nie juis gaande oor die engelse koue nie en verlang na haar tuiste in die sonnige Suid Afrika. Dit is hoekom sy nie kan wag vir haar Romeo nie.

    Gelukkig is besigheid nie die eerste prioriteit die keer nie. Terwyl die taxi koers kies Winchester toe, sit Romeo en dink aan Juliet. Hy het haar jare laas gesien. Om die waarheid te se, hy kan nog onthou hoe sy, sy skoolseun hormone totaal omgekrap het, dink hy met 'n sagte glimlag. Die meisie van sy drome .....

    Juliet voel vanaand "trots gemaak uit SA". Sy dink aan haar skoolmeisie dae met haar lang naels, waarvoor sy altyd uitskryfwerk gekry het en haar groen skoolrok, hopeloos te kort en ja natuurlik het die ouens gekyk, maar wat dan anders? Al het hy dit nie geweet nie, was haar oog net op daai donkerkop, handsome rugbyspeler. Haar eie Romeo en steeds het sy "hard to get" gespeel. Dis mos wat 'n meisie moet doen?


    Glimlaggend onthou hy haar, .... lang bene,blonde hare, rondinge op al die regte plekke en dan daardie speelse houding van jy het my, jy het my nie tot die middag net voor die matriek eksamens klaar was, hy en sy agter die fietsloots ...... die vars reuk van haar hare, die speelse glimlag op haar mooi mond, uitlokkend ........ hy voel hoe iets in hom begin roer aan herhinneringe van lank gelede.

    Hoe gaan dit wees om hom na soveel jare te sien, wonder sy. Sy wonder of hy getroud is, maar hy sou seker nie ingestem het om haar te sien, as hy wel getroud was of nie meer iets vir haar gevoel het nie. Die benoudheid begin haar skielik vang. Daai se-nou-maar gevoel van onsekerheid, van is hy nog haar Romeo of het haar Romeo in iemand anders se hande beland? Het sy nie 'n fout gemaak om hom in die mooi land te los, vir die yskoue engelse atmosfeer nie. Dit was nooit dieselfde nie, nie na daardie dag nie.








    Hy wonder hoe gaan sy lyk, wat gaan sy aanhe.... hoe graag wil sy hom sien ....is die vuur nog daar? Hy weet dat hy geen weerstand teen haar het nie .... geen weerstand wil he nie .... soos gister proe hy haar lippe... voel hy haar lyf teen hom.... Papnat klim hy die trappe op .... klop aan die deur. Die afwagting 'n knop op sy maag.........


    Die klop aan haar deur,haar hart klop vinniger en haar asemhaling is taamlik vlak." Ag flip ruk jou reg Juliet, jy is soos die tienerdogter van jare terug toe julle mekaar vir die laaste keer by die skool gesien het". "Dis al twee jaar later en jy is mos groot", dink sy. Sy stap met stadige, onseker tree deur toe.
    Terwyl sy nader stap gaan tienduisend goed gelyk deur haar kop, moet sy hom toe laat om binne haar spasie te kom, wat as hy haar teleurstel of haar verwerp na die ontmoeting en dinge nie meer dieselfde is nie, wat as, sy nie die deur oop maak nie, wat as......


    Romeo weet net een ding en dit is dat hy hier moet wees.... te veel tyd het verby gegaan en te veel dinge is ongese en het nooit gebeur nie.... die gevoel binne in hom is een van teerheid, verlange en tog.... 'n brandende passie ..... 'n onvermydelike destinasie .... hy weet wat ookal gebeur is reg ....

    Sy maak die deur oop en staar in die diep groen oog manlike gestalte voor haar vas. Hy lyk nog soos sy hom onthou en sy drink elke oomblik van die prentjie voor haar in.

    Momenteel is sy asem weggeslat. Voor hom staan sy. Die een meisie wat hy nog altyd begeer het. Die meisie wat hom altyd ontwyk het. Behalwe vir daardie een mal dag. Hy kyk na haar en sien sy staan in 'n japon. Skielik voel hy die koue en nat wat deurslaan tot op sy vel. Hallo Juliet ..... dit was 'n lang tyd .....

    "Ja", is al wat sy kan uitkry en besef met 'n skok dat die man papsopnat is. " Kom in, ek kry vir jou 'n handdoek en trek vir jou droog aan, jy gaan siek word". Met dit maak sy die deur agter hom toe.

    Hy stap in en kan homself nie keer om haar gladde blonde hare met beide sy hande terug te druk en haar gesig met sy hande te omvou nie ..... jy lyk mooier as ooit ....











    Sy koue,manlike hande deurtrek haar vel met tinteling tot by haar hart, maar dit voel warm, so warm soos die verlange wat sy vir hom gehad het en kleef soos bostik aan haar hart. Miskien kan dinge tog uitwerk soos sy dit nog altyd wou gehad het?

    Hy kyk diep in haar oe .... die drang om haar styf teen hom vas te druk en te soen so groot dat hy dit amper doen ..... wat sou haar reaksie wees wonder hy .....hmmmm waar is daai handdoek, jy kan my gerus kom droogvryf ...

    Sy glimlag net vir hom, draai om, om die handdoek te gaan haal en gee dit vir hom. Met dit wys sy vir hom waar die badkamer is en vra of hy iets wil he om te drink?

    Hmmm dink hy .... sy speel nog steeds hard to get ... nie my gunsteling speletjie nie .... en hy glimlag. Dalk voel sy nie dieselfde nie .... twee jaar was 'n lang tyd en ja.... daar was altyd 'n gevoel maar behalwe vir een vlietende oomblik was daar niks. Kyk in my dra sak, ek het lekker rooiwyn van die huis
    af gebring..... reg uit die Boland.

    "Fantasties, net wat ek nodig het. Maak klaar en kom vertel vir my wat jy die afgelope jaar met jouself aangevang het." Die popklank van die bottel rooiwyn se oopmaak klink so vars soos 'n somersoggend in Suid Afrika.

    Romeo maak die badkamer se deur agter hom toe en besluit om die koue met 'n warm stort te verjaag. Hy voel hoe die moegheid uit hom vloei .... dit was 'n lang vlug. Nouja ... droog en warm en 'n glas rooiwyn wat wag. Hy trek sy rugby kortbroek en 'n droe hemp aan, gelukkig brand die kaggelvuur.

    Juliet kyk op van die bank af en wat sy voor haar sien slaan haar asem totaal weg. Dit is wraggies hy, die donkerkop, groenoog man, wat sy daardie dag gelos het om die vreemde in te gaan. Die warm gevoel deurtrek haar sagte vel met 'n effense tinteling....wat nou?

    Met 'n vonkel in die oog kyk hy af na haar en sien die ligte blos op haar wange ....sysagte blonde hare ...snoesig in haar kamerjas met twee glase wyn in haar hande en die duiweltjie in hom kan nie help om hom te laat wonder wat sy onder daardie kamerjas aanhet nie .....wel sekerlik nie 'n aandrok nie dink hy. Kom, vertel jy my eers hoe jy dit uithou hier in die vreemde sonder my en met al hierdie pienk engelsmanne rondom jou. Ek is seker hulle kan nie hul hande of oe van jou afhou nie... se hy met 'n lag in sy stem

    "O sonder jou nogal? Jy sal jou wat verbeel, jy weet mos ek "mind my own bussiness?" ek doen maar my werk en dit hou my taamlik besig, maar dit is lekker om jou weer te sien Romeo?" rond sy dit af met 'n vraag.






    Hmmm dink hy .... sy is dadelik verdedigend, beskerm haar spasie, handhaaf haar onafhanklikheid, bevestig haar onbetrokkenheid .... niks het verander sedert die ou dae nie ... lekker om my te sien? .... dit klink soos ou vriende wat deur 'n skoolblad blaai en lag oor vergete verspottighede ... hoe kon ek enigsinds dink dat tyd die afstand tussen ons sou verander ... dis was altyd 'n geskerm ... niemand gee toe nie ... nie een wys sy gevoelens nie ..... elkeen wag vir 'n teken van die ander ... dink hy by homself terwyl hy aan sy wyn teug ....

    Nou vir wat kyk die mansmens haar so aan?, weet hy dan nie dat hy haar ongemaklik maak as hy so stil is nie. Sy drink sommer die hele glas wyn in een sluk op.

    Juliet..... vra hy sag .... wil jy my hier he of moet ek liewers gaan?

    Juliet spring op met een tree, wat tien kon gewees het. "Vrek Romeo, natuurlik wil ek jou hier.....hmmmm...he" Sy swaai om na hom toe en verstar weer toe sy in sy verbaasde gesig vaskyk. Sy sterk, manlike gesig, wat sy so graag met haar vingerpunte wil aanraak.

    Hy kan homself nie keer as hy haar stadig in sy arms neem en teen sy bors vastrek nie ........ dit voel of tyd gaan stilstaan..... bloed bruis deur sy ore .....

    Dit is wat sy nog altyd wou gehad het. Die omhelsing en sterk arms om haar. Beteken dit dat haar Romeo tog nog haar Romeo is? Sy voel uiteindelik kalm en rustig na jare. Uiteindelik voel sy veilig, in 'n omgewing wat sy ken en met dit gooi sy haar arms om hom en voel die hitte van sy liggaam teen haar.

    Hy voel haar lyf teen hom ... haar omhelsing en vure van lankgelede begin weer in hom brand .... 'n onbeheersde passie bruis deur hom as hy haar ruik en voel.....

    Sy trek haarself stywer teen hom aan en met passie voel sy die drange in sy soen en sy reuk gaan kleef aan haar haarpunte en sy sluit haar oe en gee totaal oor.

    Nog nooit was soen so lekker nie ... lighoofdig ......martelend ...hy voel die pyn van lang verlange en maak stadig die gordel van haar kamerjas los .....

    Die res van die aand voel vir haar asof sy in 'n droomwereld lewe, vol passie en sy is tevrede. Met dit raak sy die volgende oggend wakker.



    avatar
    Besoeker
    Guest


    Avontuur in 'n nuwe land Empty Re: Avontuur in 'n nuwe land

    Post by Besoeker Wed 21 Sep 2011, 1:25 am

    lekkergelees; interessant hoe die begrip van bostik-hart hom hier herhaal ( ek neem aan as voetnota tot jou vers; `n versluierde projeksie dalk...?) ook opvallend is die sterk gevoel van vaderlandsliefde wat jy handhaaf , in hierdie universele jongliefdes-tema : Lekka maaan !
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Avontuur in 'n nuwe land Empty Re: Avontuur in 'n nuwe land

    Post by Enid Wed 21 Sep 2011, 3:21 am

    Fafnir dankie vir die lees, ek het dit nogal geniet om dit te skryf en miskien ook omdat die die koue winter van London ken. Nogal nie opgelet oor my gebruik van bostik hart in die stuk nie, miskien omdat ek die hart en liefde sinoniem sien aan mekaar. Ja, jy is reg ek is trots op my Vaderland en dit ook omdat ek al ander dele van die wereld gesien het soos dubai,parys,nederland,london en belgie. Maar dan hang dit ook af van my gemoedsbestemming elke dag, so ek is nooit dieselfde nie en so ook in my skryfwerk ook nie, behalwe dat ek lief is om oor liefde en misterie te skryf, seker omdat ek ook so is, mens sal nie weet nie. Soos weerspieel in my gedigte van DROOMVROU,STAALVROU, maar genoeg verduidelik, dankie nogmaals vir die lees, ek waardeer.

    Sponsored content


    Avontuur in 'n nuwe land Empty Re: Avontuur in 'n nuwe land

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:08 am