FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Een miljoen woorde

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Een miljoen woorde Empty Een miljoen woorde

    Post by hanlie Leach Sun 25 Sep 2011, 3:55 am

    Een miljoen woorde
    kan dit ooit beskryf
    hoe ek jou mis
    na jou verlang
    jou kiekies is
    in die gange van
    my hart opgehang
    een miljoen woorde

    briefies teen die
    hemel geskryf
    liedjies in die wind
    daar sal woorde
    hulle betekenis vind
    ek jou kan vertel
    van my liefde vir jou
    wat ek veilig diep
    in my hart hou

    een miljoen woorde
    kwas sonder verf
    kwistige hale
    oor jou lyf getrek
    jou silhoeët afgetrek
    vir altyd onthou
    in my diepste
    wese toegevou
    waar ek my
    miljoen woorde hou

    jy engel van hart
    sal hierdie woorde
    jou ooit kan beskryf
    'n liedjie oor jou kon wees
    'n liefdesgedig om te lees
    sommer net 'n dankie sê
    woorde dat ek jou
    altyd lief sal hê
    een miljoen woorde
    is eindelik
    net jy.

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 12:30 am