slaap sag
droom wyd
sien jou later
aan die anderkant
tussen letters
se oop spasies
wat nog moet wees
my drome in woorde
ek soen jou sag
op die voorkop
van blou oog verlange
waar jy lank reeds
sag ballet dans
in hoop vir mÔre
en tyd stil staan
vir 'n wyle
tussen my en jou
slaap sag
laat jou vlerke spry
want vanaand
in drome
sal ons twee saam
tiekiedraai
BennyB
©29/03/2011 Barend Booysen
droom wyd
sien jou later
aan die anderkant
tussen letters
se oop spasies
wat nog moet wees
my drome in woorde
ek soen jou sag
op die voorkop
van blou oog verlange
waar jy lank reeds
sag ballet dans
in hoop vir mÔre
en tyd stil staan
vir 'n wyle
tussen my en jou
slaap sag
laat jou vlerke spry
want vanaand
in drome
sal ons twee saam
tiekiedraai
BennyB
©29/03/2011 Barend Booysen