FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Hart ondersoek

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Hart ondersoek Empty Hart ondersoek

    Post by Manie Jackson Mon 03 Oct 2011, 7:27 pm

    As ek kon huil
    Was my oe dalk vuil
    Sou die stukkies van my hart,
    My lewe vol gespat

    Elke dag is dit hard
    Om weer die pad uitgetrap te vat
    As ek soms aan jou dink
    Jy wat eens my liefde kon drink.
    Wil ek wees wat ek was
    En dwaal ek in dae verby
    In die argiewe van onthou

    Droom ek bedags oor wat kon wees
    Sal die wonde ooit heel genees?
    Smag ek, my jas Kristal en ys
    Na jou liefde as ek wakker le in die nag

    Was jy deel van al my prentjies
    My gedagtes en verlede
    Het jy ook aandeel in my vergeet en vergewe
    Is jy nog n mylpaal op my pad
    Sag gebere , n waardevolle skat

    Wonder ek in eensame ure
    As my gedagtes ver vandaan
    Wat jy doen en hoe dit met jou gaan
    Sou ek dinge ongedaan kon maak
    Want al die seer maak tog saak
    Want ek het jou aan geraak

    Manie Jackson

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 9:16 pm