FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy’s vir my mooi!

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Jy’s vir my mooi! Empty Jy’s vir my mooi!

    Post by Manie Jackson Tue 04 Oct 2011, 6:31 pm

    Jy’s vir my n sonneblom
    Volmaak vir die bruidegom.

    Jou skoonheid straal om jou heen
    Jy’s pragtig soos ander – geen!

    Staan jy voor die spieel en tooi
    Is jy sonder weerga mooi!

    Hare deurmekaar en vaak
    Uitstrek in die more – gaap!

    Ogies toe as jy slaapie
    Hou jou vas my liewe skaapie!

    As jy buk en hare was
    Of dan aantrek voor jou kas

    Maak jou blik my hart so warm!
    Weg die wereld, pyn en arm

    As jy gou ons baba voed
    Of my dan more groet

    Is jy vir my die skoonste ster
    So helder, bereikbaar ver.

    Word jou denim ook soms vuil
    Kinder handjies, ogies huil!

    Bemin ek die gesigie vol meel
    Wat met haar glimlag my hartjie steel.

    Jou oe is blou en sag
    Ek sit vir jou en wag!

    Bekoorlik jou beeld in die huis
    Kaalvoet, langrok in die kombuis.

    Hou ek die stoel as jy gaan sit
    Beeldskoon – oe toe, as jy bid.

    Pragtig uitgevat vir kerk
    Ek betrag jou as jy werk!

    Mis my hart nog altyd n slag
    As jy blinkoog vir my lag!

    Jou beeld maak my sing
    Aantreklik, tone n goue ring!

    Altyd mooi as ek jou sien
    Verduidelik. Hoe’t ek jou verdien?

    Manie Jackson



      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 5:19 pm