Ek sien onbepaald die kleure
ek sien elke dag die mooi
Van die wêreld so diep begrawe
geknelter smarag rooi
Ek sien onafweerbaar die kuns
in die mens se hart vol tyd
en ek ruik en smag en streef daarna
ja die lied lê vlak en wyd
Ek hoor onmiskenbaar die liedjies
die opgehefte woord-trein
die versie in die boek van my
die gepoetste blink refrein
Vir die skoon bladsy en die kwas
wag ek my lewe deur
ek soek en vind en klim die mas
vrolik, vlytig vol lewens fleur
Want die lewe is kort - gaan gou verby
en ook bitter soet verlang
maar as ek dit vol kuns kan kry
sien ek net die sonnesang
Net soos die hart in my