FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ballingskap van reen

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ballingskap van reen  Empty Ballingskap van reen

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 4:24 am



    toe jou druppels teen my vel skroei
    splinter die homo sapien gietsel as klug

    ontwaak ek as Neanderdalvrou uit my selva
    en suig tot jy droogklad in my porieë

    proe ek mos en varings en vang grotwater
    vir die orgideë wat dobber in my bloed

    adem ek die heuning van grond
    en die muskus van nag se asem

    wasem weer oor my
    sodat ek prehistories kan aanhou lewe.


    © 2010 Almarie Truter
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by Rudi Coetzer Sun 16 Oct 2011, 3:53 pm

    mal hieroor....en dis lekker buite jou normale....uitstekend verwoord en uitgebeeld....
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 4:11 pm

    Jip, hierdie vers het ek Okt. laasjaar geskryf toe ek vir Ben die eerste keer gaan kuier het en 'n tipiese hoëveldse donner-en reën storm beleef het....natuurlik weer gedans in die reën en tussen die blitse deur ! ....giggel

    Dankie Rudi, ek is sentimenteel oor hierdie vers aangesien dit my ervaring met reën akuut bewoord ! Like a Star @ heaven
    avatar
    Guest
    Guest


    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by Guest Mon 17 Oct 2011, 4:42 pm

    as ek die lees hoor ek jou dit voorlees en dit raak aan my wese
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by Claira Summers Thu 20 Oct 2011, 2:46 am

    Baie baie goed gedoen. Ek is mal oor jou gebruik van al die interresante gebruik van nuwe of onbekende woorde.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by AmmieMoon Thu 20 Oct 2011, 3:47 am

    Dankie weereens Claira ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Ballingskap van reen  Empty Re: Ballingskap van reen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 4:43 am