FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ‘n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 3)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    ‘n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 3) Empty ‘n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 3)

    Post by Enid Wed 09 Nov 2011, 2:47 pm

    Haar hande bewe senuweeagtig terwyl sy na die telefoon toe uitreik. Sy druk die knoppie en sien wel dat die boodskap van hom af kom. Sy weet nie wat om te dink, toe sy dit lees nie.
    “Ek moet werk die naweek, maak asseblief reëlings dat die kinders na Ma toe gaan.”

    ‘Is dit al?,’ skree sy tot haar verbasing. Het hy dan niks anders om vir haar tesê nie, wil hy haar nie eerder gevra het om die saak te kom uitpraat nie? Die trane begin saggies oor haar wange loop en sy begin besef dat dit dalk die begin van die einde kan wees, van ‘n huwelik, van amper twintig jaar.
    Twintig jaar saam met ‘n wonderlike man, vir wie sy eintlik onsaglik lief is en twee pragtige dogters, vir wie sy ietwat afgeskeep het, as gevolg van haar werk. Sy besef ook dat sy dalk nagelaat het, om meer aandag aan hom te gee en dit tot al die misverstand in hulle huwelik gelei het.

    Sy staan op en gaan maak vir haar warm melk met heuning in. Dit kan dalk help sodat sy deur die nag kan kom en ‘n bietjie slaap kan inkry. Sy sal moet wegkom, dalk see toe, na hulle vakansie huis toe waar sy oor alles kan dink.
    ‘Wat gaan sy terug antwoord op sy boodskap?’
    Sy moet hom dalk laat weet dat sy reëlings sal tref en sommer ‘n bietjie weggaan.
    ‘Sal hy dalk tog na haar verlang en aan haar dink of, of is daar dalk iemand anders, wat hom die aandag gee wat sy hom nie gegee het nie?’
    ‘Nee!, net nie dit nie?’
    Sy besluit om die volgende dag na hom toe te gaan en hom te vra om haar nog ‘n kans te gee. Vir nou gaan sy niks terug antwoord nie.

    Toe sy haar kop teen die kussing neerlê, na al haar beplanning, lui die telefoon.



      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:23 pm