FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 5)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 5) Empty 'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 5)

    Post by Enid Mon 09 Jan 2012, 4:44 pm


    Iets lyk nie reg by haar strandhuis, terwyl sy parkeer nie. Die vensters is oop en sy is seker dat sy alles toe gemaak het, toe hulle desember hier weg is. Met sagte tree klim sy uit en hoor stemme in die huis. Terwyl sy na haar voordeur toe stap, gaan die voordeur skielik oop. In die deur staan ‘n vrou, van ongeveer twee en dertig jaar oud. Hulle oë vang mekaar en altwee staan doodstil.

    ‘Hmmmmmmmm, jy is seker die eienares van die plek, ek,…o..ns is so jammer, maar het geen ander heenkome nie en het gesien jou plek is leeg…ons soek ernstig job en sal hard werk en na jou plek kyk, help ons net asseblief?’ met dit kom ‘n donker-blouoog en nogal aantreklike man by haar aansluit.

    ‘Ek is Esther Basson, aangename kennis, laat ek net my goed aflaai en koffie kry, dan kan ons gesels.’
    ‘Aangenaam, ek is Melanie Bekker en dit is my man Hendrik Bekker’ sê die vrou. Esther draai om, om haar goed te gaan haal en die man agtervolg haar…’Laat ek help afpak’ sê hy.

    Terwyl hulle almal rustig aan hulle koffie proe, sit en Melanie hulle hele storie voor Esther se voete gooi, besef sy dat haar probleme, maar gering is met betrekking tot die mense sin.

    Almal het al nag gesê en Esther het net die lig afgeskakel toe sy haar deur hoor oopgaan….
    hy het saggies in haar oor gefluister….’weet jy dat jy die mooiste vrou op aarde is wat ek nog gesien het en ek wil jou hê’…..vinnig stoot sy hom weg,….
    .’Hendrik, gaan terug na jou vrou toe, ek het genoeg probleme en al wil ek ook, kan ek nie, loop nou asseblief, loop’

    ‘Goed dan, vir nou sal ek loop, maar onthou wat ek gesê het’ en met dit loop hy by haar kamer uit.

    Haar hart klop vinnig en sy voel warm, hier is ‘n man wat haar eintlik wil hê en nog vrek sexy ook daarby. Maar sy het regtig vir Marius lief en hoop tog dat hy in die volgende paar weke sal besef wat hulle het. Sy het reëlings getref met die Bekkers oor hulle verblyf en vir Marius laat weet wat by hulle vakansiehuis aangaan, wat hy met ‘n ‘vertrou jou besluite sal in orde wees’ sms geantwoord het.

    Die volgende week gaan rustig verby, met ‘n oggend-draf en skryfwerk wat haar besig hou. In die tyd het die Bekkers darem nog werk gekry by ‘n eiendomsagent, sy vir admin en hy het by ‘n bouer werk los geslaan, wat darem geld in hulle sakke beteken.

    Nadat sy haar boek gelees het, skakel sy die lig af en klim in haar bed. Sy het net weg geraak toe sy hom voel oor haar beweeg en sy wonder waarom luister hy dan nie…sy mag nie, al wil sy.

    2012/kopiereg/EEvdMerwe

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 10:38 am