FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'n Tree in die toekoms in

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    'n Tree in die toekoms in Empty 'n Tree in die toekoms in

    Post by Enid Wed 26 Oct 2011, 2:17 pm

    Sy het alweer te oorhaastig opgetree vanaand en wens sy wil net somtyds haar mond hou en luister. Nou staan sy alleen in die hotelkamer, net sy en haar gedagtes, wat haar die hele aand gaan besig hou. Sit die motorsleutels neer ,’n warm stort sal nou die beste ding wees, aangesien sy, sy warm lyf verruil het as gevolg van haar harkoppigheid.

    Terwyl die water oor haar warm lyf loop en haar blonde hare papsopnat oor haar skouers hang verlang sy na sy intense blou oë wat haar deurboor terwyl sy sterk arms om haar lyf vou.

    ‘Hoe gaan sy dit nou terug kry, sonder om ‘n gat van haarself te maak?’ Wel dit het sy reeds vanaand gedoen, die ‘gat maak van haarself’ storie. Sy sal eenvoudig maar moet terug kruip more. Dit is as sy die moed bymekaar kan skraap om dit te doen.

    Sy loer op haar selfoon of hy nie dalk ‘n boodskap gestuur het nie, maar daar is niks. Wat het sy gedink? Dit gaan ‘n langnag wees, ‘n nag wat gaan verby tik, sonder hom. Sonder sy sagte asemhaling en warm lyf teen haar. Sonder sy beskermde arms wat haar omvou en verseker alles sal ‘okay’ wees. Soos in die verlede, weet sy dat slaap net kom as sy dink aan hom en droom van hulle tye saam. Hulle slaap altwee vanaand onder dieselfde sterre en sy sal graag wil nag sê. Sy ryk uit om ‘n sms te stuur,…. maar haar moed begewe haar. Sak terug in haar kussing en begin bewustelik dink aan hoe hy haar kom haal en net vashou, nooit laat gaan nie, sê:
    “ek is lief vir jou en sal altyd wees”.

    Tog moet sy dink aan more se vergadering, met die direkteure en die voorlegging, wat sy darem voor die rusie kon klaarmaak.

    Vir nou wil sy net dink aan haar blondekop met sy blou oë, wat sy vanaand sonder enige gedagte van haar af weggedryf het. Terwyl sy haar oë toemaak en wegraak, in haar droom, hoor sy die geklank van ‘n sms wat deurkom…..

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 10:51 am