FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    ‘n Tree in die toekoms in. (vervolg 2)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    ‘n  Tree in die toekoms in. (vervolg 2) Empty ‘n Tree in die toekoms in. (vervolg 2)

    Post by Enid Sat 29 Oct 2011, 10:03 pm

    Sy skrik 8h30 wakker en besef, met ‘n skok, dat sy laat is vir haar vergadering en met die regmaak vergeet sy om haar foon te vat. Nadat sy klaar gemaak het, gryp sy haar sleutels en hardloop motor toe.

    Sy het sommer vir die week betaal en los haar bagasie net so in die hotelkamer.

    Alhoewel sy laat is, loop die vergadering seepglad en die voorlegging het na wense verloop. Die nuwe aandeelhouers hou van haar idees en volgens die begroting werk alles ook perfek uit. In haar kantoor kom sy tot rus en vra haar sekretaresse om sommer vir haar ‘n hoender en mayonaise broodjie by die naaste Pick ‘n Pay te kry.

    Sy hardloop weer deur die dokumentasie en kry ‘n oproep van een van die aandeelhouers om verstellings te maak in regsdokumente en dit vir hom aan testuur.


    Voor sy haar oë kan uitvee is dit al 15h00 en tyd vir haar ‘spinningklas…met dit gryp sy haar toksak en sleutels en ry ‘Virgin Active’ toe.

    Die dag gaan so vinnig verby sonder dat sy een oomblik eers aan die vorige aand se uitval dink en nie eers haar foon mis nie.

    In haar kantoor kry sy omtrent vyf boodskappe om huis toe te bel, maar vergeet skoon daarvan, aangesien ‘n noodvergadering haar aandag getrek het oor die regsdokumente.

    Na die vergadering het sy gou ‘n draai by haar kantoor gemaak om haar aktetas te neem, natuurlik doodmoeg en toe eers besef dat sy iets mis? Agter haar lessenaar oor haar lessenaar gestaar en die hope boodskappe op haar tafel gekry. Daar was twee boodskappe van haar ma om te hoor hoe dit gaan en sy moet asseblief terugbel en die kinders het haar ook gesoek. Sy het haar ma geskakel , maar nie veel gepraat oor die vorige aand nie aangesien al haar energie uitgetap was.

    Toe sy in haar hotelkamer instap, die sleutels neergooi en op haar bed gaan sit, het sy haar blackberry gesien, besef dat sy dit by die huis vergeet het en die rooi liggie sien flikker wat aandui dat daar wel ‘n boodskap op haar foon was. Sy het die heeldag glad nie aan hom gedink nie en nou dat sy tot rus gekom het besef dat sy hom nie eers geskakel het nie.
    ‘As sy ‘n kans sou hê, sou sy hom geskakel het?’ wonder sy. Sy het dan nie gisteraand die moed gehad nie, sy het nie nou eers die moed om te sien of hy haar gesoek het nie.

    Maar diep binne haar hoop sy hy het. Sy besef dat sy hom innig verlang en graag in sy arms wil wees.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ‘n  Tree in die toekoms in. (vervolg 2) Empty Re: ‘n Tree in die toekoms in. (vervolg 2)

    Post by Torm Sun 30 Oct 2011, 12:30 pm

    Ha! Ha! Met so 'n besige lewenstyl (die American Dream waartoe ons almal geindoktrineer is deur die media) is daar regtig net een uitweg naamlik om 'n hele klomp dinge af te skeep. Dalk daarom dat 67% van ons huwelike formeel opbreek en nog 20% informeel opbreek. Is 87% huweliks mislukking die sous werd? Hierdie episode beeld goed die onmoontlikheid van die tyd in so 'n lewe uit.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    ‘n  Tree in die toekoms in. (vervolg 2) Empty Re: ‘n Tree in die toekoms in. (vervolg 2)

    Post by Enid Mon 31 Oct 2011, 3:49 pm

    dis waar Torm of dalk in die geval 'n manier om van die verlange weg te hardloop? Dankie vir die lees

    Sponsored content


    ‘n  Tree in die toekoms in. (vervolg 2) Empty Re: ‘n Tree in die toekoms in. (vervolg 2)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 11:15 am