FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 15 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 15 ) Empty Feëtjievrou ( 15 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Dec 2011, 12:10 pm

    Feëtjievrou , hier en daar
    skiet weer lote groen uit
    na die weghol-bosbrand
    wat alles swart
    en kaal gelaat het.

    Hoor jy die vleiloerie se fluit
    wat spook in ʼn dankbare hart
    soos myne ?
    Die vleiloerie se fluit
    wat my tweemaal
    na die lewe laat kyk
    met nuwe oë –
    oë wat sien .

    Ek weet
    hoe jy lyk
    ek weet
    wie jy is
    ek weet
    wat jy vir my beteken .

    En wanneer ons seisoene
    bymekaar kom
    en waterlelies
    weer in jou hare blom

    wanneer ons seisoene
    bymekaar kom
    en die melkweg
    weer skitter in jou oë

    wanneer ons seisoene
    bymekaar kom
    en bobbejaantoue
    weer ons huppelpaadjies toehang

    wanneer stuitige kabouter-giggels
    weer poets
    deur ons sprokieswoud

    gaan ek ñ koets
    bou vir jou
    uit paddastoel en mos
    met treurwilgerhout
    vir die wiele

    en jou vra om te trou .

    ñ Eenhoring
    gaan ons koets trek
    met ñ eekhoring
    as die koetsier
    en die bal na die tyd
    sal wees
    met al sprokiesland
    se swier .

    Die vreugdevure
    gaan drie dae
    en drie nagte brand

    ons gaan dans
    eet en fees-twee
    totdat ons uitgeput
    en tevrede ingee .

    Feëtjievrou , dan gaan
    ons inmekaar se arms val
    in ons wittebroods-boomhuis
    diep in die woud versteek
    en aan die grootoog-maan
    ons briefies hang
    met liefde aan mekaar geskryf .


    ( 08/07/2011 21h06 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:55 pm